Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/06/2008

Koesister / Koeksister

250 g koekmeel
20 ml bakpoeier
3 ml sout
30 g botter
125 ml water
olie vir braai

Stroop:
1 kg suiker
500 ml water
2 stukke gemmer, gekneus
knippie kremetart
knippie sout
gerasperde skil en sap van 'n halwe suurlemoen

Plaas al die bestanddele vir die stroop in 'n pan en bring stadig tot kookpunt sonder om te roer. Kook vir vyf minute. Verwyder van hitte en verkoel in yskas.

Sif al die droë bestanddele vir die koeksisters saam en vryf die botter in tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Meng met water om 'n sagte deeg te vorm. Knie vir 10 minute. Bedek met 'n klam lap en laat staan vir 15 minute.

Rol tot 'n dikte van 5 mm en sny in 5 mm wye stroke. Pers die punte van die stroke saam en vleg tot 'n lengte van 8 cm. Pers die punte saam.
Diepbraai die koeksisters tot goudbruin, dreineer op papierhanddoek en doop dan in die koue stroop. Die stroop moet asseblief nie warm raak nie.

Heerlik om te eet saam met 'n glasie soetwyn.

Die resep is genoeg vir ± 15.




Sagte koeksister resep.

10 comments :

  1. Hi
    Kan iemand asb vir my se hoe kry mens sagte koeksisters, almal wat ek bak kom crispy uit!

    ReplyDelete
  2. Ek hou van crispy koeksisters!

    ReplyDelete
  3. Ek sou eksperimenteer deur my braaityd 'n bietjie te verkort.

    ReplyDelete
  4. Korter braai tyd werk nie!! Ek dink dit het iets met die resep te make, ek het eendag 'n tannie se koeksisters ge eet wat net soos koek geproe het, sag en sappig maar nie te soet nie. Sy wou net nie vir my die resep gee nie, want sy het gebak vir 'n lewe!

    ReplyDelete
  5. Anonymous2/10/09 19:30

    My resep wat ek het is baie lekker, ek hou nie die stroop yskoud soos wat gewoonlik die inding is nie. My stroop staan op die een plaat in groot kastrol en ek bak op die ander plaat, geen ys of koue water nie. Wat my wel pla is die feit dat as ek dit klaar gebak het, dan is dit lekker crips en natuurlik vol stroop, maar sodra die so ruk in die yskas was dan word dit sagter. Ek sal graag wil hê dit moet so crisp bly. Dit is nog steeds vol stroop, maar word net sagter. Ek het al ge-eksperimenteer deur die korter of langer te bak, dit werk nie. Het iemand raat ?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous30/3/15 11:24

      As koeksisters in yskas gehou word moet die nie toegemaak word nie. dit bly dan crisp. As ek dit wil vries sit ek dit in sakkies en ontvries dit oornag in die yskas en dit bly baie lekker.

      Delete
  6. DIE VERHOUDING VAN DIE BOTTER MAAK DAT DIT HARD BLY CRISPY

    ReplyDelete
  7. beteken dit dan meer of minder botter bouts? ek het ook 'n nice resep dit bevat karringmelk in plaas van water :)

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous14/2/12 11:29

      Hey Patat, deel daai resep.

      Delete
  8. Hi julle
    Wel kom n sagte koeksister te kry vind ek moet melk gebruik word in die resep en om n harder een te kry moet water gebruik word. Ek weet nou nie of dit vir alle resepte so werk nie ma werk wel met myne so. En ek kan met alle eerlikheid se as dit gevries word en dit word geontvries is dit nog net so hard soos toe ek dit gebak het

    ReplyDelete