Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/05/2009

Kook en Geniet

Kook en geniet het in 1951 vir die eerste keer verskyn. Met meer as ’n halfmiljoen eksemplare in druk is dit ongetwyfeld dié klassieke Suid-Afrikaanse kookboek. Generasies is grootgemaak en het self leer kook aan die hand van dié boek.

Kook en geniet dek alles wat jy ooit oor kook kan wil weet – van hoe om bestanddele te meet, oonde optimaal te gebruik, groente voor te berei en vleis gaar te maak tot hoe om kos perfek te vries – naas die meer as 700 ekonomiese, beproefde en geliefde resepte. Dink aan Japie se gunsteling, waterblommetjies of souskluitjies.

Alles vir die beginnerkok - hoe om bestanddele te meet, die mikrogolfoond te gebruik, groente voor te berei, vleis gaar te maak, kos te vries.

  • Meer as 1 000 ekonomiese, beproefde resepte - van ontbyt tot mengeldrankies
  • Eetlepel of milliliter
  • Koolstoof of mikrogolfoond
  • Handklitser of voedselverwerker

Volledig hersien en herverpak in ’n kleiner, dikker formaat wat die gevoel van die oorspronklike met moderne leesbaarheid versoen.


Kook en Geniet,
Bettie Blom,
5 Oktober 2009.

4.5

7 comments :

  1. Anonymous9/7/17 15:49

    Is daar verskillende kook en geniet boeke of is dit net herdruk?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous10/7/17 10:25

      Daar is net een oorspronklike Kook en Geniet. Die res is heruitgawes.

      Delete
    2. Die mees fantastiese kookboek. Ek het my ma se boek geerf en my eie vir n trougeskenk gekry. So staan ek met verlangende oë na die nuutste uitgawe en kyk. Maat toevallig op n bl oop en daar is n spelfout! Kon my oë nie glo nie met n glimlag dink ek die boek is uniek. Spelfout is meilk. Nou moet ek sê dis maar n lelike eienskap van n onnie sien altyd foute raak. Spelfout of nie dis n erfstuk!!!!

      Delete
  2. Vandag staan ek en kyk met verlangende oë na die nuutste uitgawe van Kook en Geniet in die boekwinkel. Die beste kookboek te koop. Ek maak die boek oop en daar is n spelfout. Meilk! Ek glimlag en dink dit maak die boek meer uniek. El lief my boek.

    ReplyDelete
  3. Het iemand dalk vir my 'n resep vir Suurlemoen Roompies?

    ReplyDelete
  4. Waar kan ek die Kook en Geniet boek koop

    ReplyDelete
  5. Waar kan ek die Kook en Geniet boek koop

    ReplyDelete