Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/06/2009

Lepelbrood

Hierdie brood is heerlik saam met braaivleis.

450 ml melk
300 ml mieliemeel
5 ml sout
50 ml margarien, gesmelt
4 eiers, geskei

Voorverhit die oond tot 180ºC. Smeer 'n diep oondvaste bak van 24cm met margarien. Verhit die melk tot kookpunt. Verwyder van die hitte en roer die mieliemeel geleidelik by. Roer tot glad. Plaas terug op die hitte en laat kook tot die mengsel verdik het [die plaat moet nie hoog wees nie]. Roer elke nou en dan. Voeg die sout, asook gesmelte margarien by. Verwyder van die hitte en laat heelwat afkoel. Klits die eier gele en vou by die mengsel in. Klits die eierwitte styf en vou ook by die mengsel in. Skep in voorbereide bak en bak sowat 35 - 40 minute lank of tot gaar.

Lewer 4 - 6 porsies.

No comments :

Post a Comment