Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/06/2008

Pampoenpoffertjies / Pumpkin Fritters

(resep vir ± 36)

750 ml gaar pampoen, fyngemaak
2 eiers
5 ml sout
500 ml bruismeel
15 ml bakpoeier
500 ml olie
Stroop:
500 ml suiker
250 ml water
125 ml melk
30 ml botter
sout
10 ml mielieblom

Klop die pampoen, eiers en sout saam. Sif die bruismeel en bakpoeier saam en meng met die pampoenmengsel. Verhit die olie in 'n kastrol (nie te warm nie) en skep eetlepels vol van die deeg daarin en braai tot ligbruin. Skep in 'n bak en hou warm. Verhit die suiker, water, melk, botter en sout saam tot kookpunt. Meng die mielieblom met 'n bietjie koue water tot dit 'n pasta vorm en roer dit by die stroop. Gooi die warm stroop oor die poffertjies voor jy dit opdien.



Resep: M. Nel

No comments :

Post a Comment