Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/20/2008

Pizza Rustica

Afgesien van die naam is die Pizza Rustica nie ´n pizza nie, maar ´n pastei.

(bedien 6)

Deeg:
225 g meel
½ teelepel bakpoeier
knippie sout
100 g botter, in blokkies gesny
55 g strooisuiker
1 eiergeel
55 ml room

Vir die deeg sif jy die meel, bakpoeier en sout saam in ´n groot bak. Vry die botter by tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg die suiker by. Meng die eiergeel en room saam en gooi by die deegmengsel. Knie tot jy ´n sagte deeg het. Hou in yskas tot benodig.

Vulsel:
500 g ricotta
3 eiers
50 g pecorino, gerasper
120 g mozzarella, gerasper
125 g prosciutto, in klein stukkies
2 eetlepels pietersielie, fyn opgesny

Meng die ricotta met die eiers, kaas, prosciutto en pietersielie. Onthou die sout en peper. Voorverhit die oond tot 200ºC. Sny een derde van die deeg af en rol die res uit om in ´n pasteipan met ´ 20 cm deursnee te pas. Gooi die vulsel in en maak glad bo-op. Rol die res van die deeg uit en bedek die pastei daarmee. Bak vir 20 minute. Verlaag die hitte tot 180ºC en bak ´n verdere 20 minute.

No comments :

Post a Comment