Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/20/2008

Lensiebobotie

(resep bedien 4)

150 g bruin lensies
400 ml kookwater
1 groente-ekstrakblokkie
10 ml olyfolie
1 ui, gekap
1 wortel, gerasper
2 selderystingels, in skyfies gesny
2 knoffelhuisies, gekneus
10 ml kerriepoeier
5 ml borrie
2 ml fyn gemmer
2 snye volgraanbrood, korsies af
4 suurlemoenblare
1 eier
250 ml vetvrye melk

Maak die lensies gaar volgens aanwysings op die verpakking. Sit die ekstrakblokkie halfpad deur die kookproses by. Verhit olyfolie in ´n kastrol en braai die uie tot sag en deurskynend. Voeg nou die wortel en seldery by en roerbraai. Voeg die knoffel, kerrie, borrie en gemmer by en braai vir nog ´n minuut. Voeg die lensies nou by en meng. Week die brood in melk. Druk die oortollige melk uit, maar moet dit nie weggooi nie. Krummel die brood by die lensies en meng. Geur met sout en swartpeper. Skep die mengsel in ´n kasserol. Klits die oortollige melk en die eier saam en giet oor die lensies. Druk suurlemoenblare in die mengsel en bak teen 180ºC vir 25 minute.

Bedien saam met groenslaai.

No comments :

Post a Comment