Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/06/2008

Tamatiebredie / Tomato Stew

2 uie, in skywe gesny
2 aartappels, in kwarte gesny
1 kg bredievleis, in blokkies gesny
6 tamaties, geskil en ontpit
1 eetlepel suiker
sout en varsgemaalde swartpeper
20 ml vars tiemie
5 ml vars oreganum
2 knoffelhuisies, fyn gekap
witwyn
5 ml vars marjoram

Braai die uie sag en voeg die vleis by. Braai 40 minute lank. Voeg bietjie water by indien dit te droog lyk. Voeg die suiker, tamaties, aartappels en kruie by. Laat waai sommer met die peper. Kook 1¼uur lank. Gooi witwyn by indien dit te droog raak. Drink sommer bietjie wyn indien jou keel te droog raak.


Bedien op basmati rys met beet en / of groenslaai.

(bedien 6 persone)



(foto: Craig Fraser)

Resep 2

10 ml sout
5 ml varsgemaalde swartpeper
3 ml wonderpeper
5 ml fyn neutmuskaat
2 ml borrie
15 ml olie
1,5 kg skaapribtjops of nekskywe
2 uie, gekap
1 kg tamaties, gekap
5 ml suiker
1 heel brandrissie
5 ml droë basiliekruid
2 aartappels, geskil en in kwarte gesny
3 ml karwysaad

Meng sout, peper, wonderpeper, neutmuskaat en borrie en vryf die vleis goed daarmee in. Verhit olie in 'n plat gietysterpot en braai die vleis oor matige hitte tot goudbruin. Voeg uie by en braai tot sag en deurskynend, maar nie bruin nie. Voeg sowat 50 ml water by, bedek en stowe oor lae hitte vir sowat 30 tot 45 minute. Loer so af en toe om te kyk of dit nie droog kook nie. Voeg tamaties, suiker, brandrissie en basiliekruid by. Bedek weer en verwyder deksel sodra bredie begin kook. Tamaties trek baie water, daarom moet jy wag tot so te sê alle vloeistof weg gekook het voor jy dit bedek. Laat prut sowat 1½ - 2 uur of tot die vleis sag is. Voeg aartappels en karwysaad by en laat prut nog vir sowat 30 minute.

No comments :

Post a Comment