Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/21/2008

Tipsy tert / Tipsy Tart

1 koppie gekapte dadels 250 ml kookwater
250 ml suiker
250 ml meelblom
½ teelepel bakpoeier
¼ koppie gekapte neute en kersies
2 eiers
2 eetlepels botter
¼ teelepel sout
1 teelepel koeksoda
1 teelepel gemengde speserye

Kook die dadels in die kookwater en voeg koeksoda by. Room die botter en suiker. Voeg eiers by en meng goed. if die droë bestandele en voeg dit by die eiermengsel. Roer die dadelmengsel by. Voeg die neute en kersies by en laastens die bakpoeier. Gooi in 'n gesmeerde tertbak. Bak 30 minute by 200ºC.

Stroop:
Vir die stroop kook jy 1¼ koppie suiker met 'n ¾ koppie water. Voeg een eetlepel botter by en laat effens afkoel. Voeg ¼ koppie brandewyn en een teelepel vanielje by. Gooi die warm stroop oor die warm tert.

Resep 2

Petro van der Westhuizen

1 koppie gesnyde dadels
¾ koppie kookwater
1 teelepel koeksoda
2 eetlepels botter
1 klein koppie suiker
1 eier
1¼ koppie meel
4 teelepels bakpoeier
Sout
¼ koppie neute

Gooi kookwater op dadels en koeksoda. Room botter, suiker en eiers. Sif meelblom, sout en bakpoeier saam. Meng nou die drie mengsels saam. Voeg neute by. Bak in tertbak vir 45 minute teen 180ºC.

Stroop:
1½ koppie suiker
¾ koppie water
Kook alles saam vir 10 minute. Voeg by 2 teelepels botter, ¼ koppie brandewyn of liqueur of 1 teelepel vanielje. Skep oor afgekoelde tert en versier met room.


1 comment :