Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/21/2008

Vet feite

Baie keer voel dit vir my asof ons so gebreinspoel word dat ons nie meer tussen die waarheid en die leun kan onderskei nie. Doen julle self net die guns en kyk eendag na die etikette van die produkte wat julle koop. Moet ook nie skaam wees om ´n gewone produk en ´n lae vet produk se etikette te vergelyk nie.

Eendag het ek ´n pakkie skyfies van die rak afgeneem en na die voedingsinhoud van die pakkie gekyk. Langs die bekende naam van die skyfies het ook ´n ander bekende naam lae vet pakkie skyfies gelê. Die vetinhoud op die twee pakkies was amper dieselfde gewees. Die vraag het by my opgekom oor wanneer is ´n lae vet produk ´n lae vet produk. Of word die woorde "lae vet" net gebruik as ´n bemakingsfoefie? Lees die artikel deur en besluit maar self.


Botter en margarien het ook omtrent dieselfde kalorieë. Die grootste verskil tussen botter en margarien is diervette en plantvette. As jy margarien net eet omdat dit minder kalorieë het sal botter glad nie ´n verkil maak nie.

Nog ´n groot miskonsepsie is dat lae vet voedsel minder kalorieë het as gewone voedsel. As daar ´n verskil is gaan die verskil baie minimaal wees. Die geheim lê in die etiket. Lees die etiket, as die lae vet inhoud voedsel net soveel of amper dieselfde kalorieë bevat los dan eerder die produk. Die geheim van gewig verloor lê nie daarin hoeveel vet jy inkry nie maar in hoeveel kalorieë jy inneem elke dag. Die lae vet kalorieë tel net soveel soos die vet kalorieë.

Wanneer mens kyk na jou gesondheid en wat jy eet en drink sal jy ook onwillekeurig moet kyk na die aantal kalorieë andersins gaan jy eendag gesond wees met ´n ongemaklike groot lyf. Vrugtesap is nog ´n bedekte kalorieë-tydbom. Vrugtesappe is gesond en bevat heelwat vitamines maar ook net soveel kalorieë.

So wanneer jy wil gewig verloor kyk na jou kalorieë inname en nie na die vet inname nie. Aangesien baie mense onkundig is oor vet en kalorieë, myself ingesluit, kan ons en word ons maklik om die bos gelei met lae vet produkte. Ons liggame het vet nodig om te funksioneer. Die industrieë daar buite moet hulle produkte verkoop. Wanneer die verkope af is begin hulle dink aan maniere om verkope op te stoot. En die mees suksesvolste manier is om vir mense te sê dat as hulle hierdie wonderlike lae vet produk van hulle gaan eet gaan hulle gewig verloor en so mooi en slank word. En ons val daarvoor.

Al teenvoeter en oplossing wat ek vir die probleem het is die etikette te lees en matigheid voor oë te hou.
deur Frik Lombard

No comments :

Post a Comment