Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/06/2008

Vrugte inlê / Preserve Fruit

Skil en was vrugte. Laat oornag in sout, asyn en suurlemoensap water lê, gebruik 30 ml van alles op 5 liter water.

Kook stroop:
Dun - 250 ml suiker op 750 ml water,
Matig - 250 ml suiker op 500 ml water of
Dik - 250 ml suiker op 250 ml water
Spanspek behoort matig te wees.
Bereken 350 ml stroop per 1 liter bottel

Kook tot vrugte net sag is. Sit in gesteriliseerde bottel en plaas 'n stukkie "cling wrap" bo-oor. Sit in mikrogolf en kook teen 100%, ± 2 minute. Hou van die stroop oor want daar kook altyd 'n bietjie uit. Voeg weer stroop by en kook vir so 'n halfminuut. Verseël goed.


Resep: Petro van der Westhuizen



2 comments :

  1. Hello,

    Ek is Tanya van Robertson en is opsoek na 'n Perske Atjar resep. Het een op die net gekry, maar ek hoor gedurig van Alta se perske atjar, nou soek ek na nog variasies.

    Dankie

    Tanya
    tjoubrt@mytime.co.za

    ReplyDelete
  2. Hi Tanya, wonder of jy al toe 'n resep gekry het vir jou perske atjar? mens kry mons twee variasies van atjar, die een met soutigheid in en die een met soetigheid in. By die Indier winkels kan jy pakkies klaar gemende atjar speserye te koop kry of jy kan jou eie op maak. Ek eht vergeet om by tevoeg, ek is Edward van Nelson.

    ReplyDelete