Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/20/2008

Wenke vir vegatariërs

Almal hou nie daarvan om vleis te eet nie. Wat ek hier wil doen is om net so ´n paar wenke hier te gee vir mense wat graag so nou en dan vegetariese disse wil eet. Vir mense wat op ´n lae cholesterol- of vetdieet is kan gerus van hulle vleisdisse vervang met vegetariese disse.

Die eerste wenk is om heerlike vegetariese frikkadelle te maak. Koop vegetariese burgers by jou Supermark. Ontvries die burger en krummel dit. Voeg green peppers, gekapte uie, knoffel en fyn aartappels by. Meng goed en rol dan van die mengsel frikkadelle. Hier frikkadelle kan jy dan bak of braai. Jy kan enige ander groente ook in die mengsel sit. Die een wat ek hier weergee is net die basiese resep en jy kan die bestanddele aanpas volgens jou smaak.

Jy kan ook so vir jou ´n heerlike hamburger maak. Neem weer die ontvriesde vegetariese burger en krummel. Jy kan jou gunsteling groente byvoeg of as jy haastig is maak ´n groterige frikkadel of twee. Druk dit dan plat om ´n lekker groterige hamburger te maak. Sit nou die frikkadel op ´n sny brood en gooi salsa of sampioensous oor die burger. Sit die ander snytjie brood op en geniet.

Wat jy ook kan doen is om fyn aartappels te neem en dit meng met broodkrummels. Braai dit dan in ´n pan met olie. Om hierdie frikkadel interessant te maak voeg tamatie, selery, tamatiesap en verpulpte groente soos broccoli en ertjies by. As jou mengsel te slap is voeg nog broodkrummels by. Gee jou verbeelding vrye teuls en doen proefnemings met byvoegings om die frikkadelle nog meer interessanter te maak.

Pasta kan ook op verskeie maniere verander word om dit interessant te maak. Neem gekookte pasta en meng met jou gunsteling pastasous. Gooi broodkrummels oor en bak in die oond. Meng ´n blikkie boontjies en gekapte ui met jou pasta en geniet. Maak ´n Salsa en meng dit in jou pasta en garneer met gekapte olywe. Meng margarien, knoffel of knoffel poeier en pietersielie in die pasta. Neem weer margarien meng dit in die pasta met gekookte ertjies en tamatie sous of ´n heerlike salsa.

Om heerlike en interessante pastasouse te maak is net so maklik. Neem ´n blikke gekapte tamaties en ´n bottel pizza- of pastasous en meng. Probeer dan om geblikte boontjies te neem en meng ook met pizzasous. Meng sampioene met boontjies gekapte spinasie en ´n groente sous blokkie. Kook saam vir paar minute.

Van rys kan mens ook wonderlike vegetariese geregte maak. ´n Heerlike risoto is so vinnig en maklik om te maak. Die basiese resep vir risoto is soos volg : Verhit twee eetlepels olyf olie in ´n pan. Braai dan vir 1 minuut ´n huisie knoffel in die olie. Gooi dan so 1 koppie rys in die pan en braai en roer die rys in die olie. Gooi nou 4 koppies water of groente-aftreksel by. Kook die rys tot al die vloeistof geabsorbeer is. Gooi nog water by en roer tot al die water geabsorbeer is en die rys so sag en romerig is.

Maar die einde is dit niet. Want om die rys heerlik te maak kan jy enige van die volgende en in enige kombinasies is byvoeg nl. gemmer, gedreineerde fyn pynappel, gevriesde gemengde groente, ertjies, sojasous, neute of spinasie. Moet nie die tamaties of green peppers vergeet nie. Knoffel kan hier ook goed werk.

Ek hoop dat ek julle nou genoeg inligting gegee het en julle smaakkliere net genoeg lus gemaak het om so ten minste een keer per week ´n vegetariese ete voor te berei.

deur Frik Lombard

No comments :

Post a Comment