Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/04/2008

Boerebeskuit / Boerbeskuit

Vir die suurdeeg het jy nodig:

22 ml droë gis / 37 g vars gis
7 ml suiker
500 ml louwarm water
60 g meel

Die res van die bestanddele is:

500 g botter
300 ml melk, gekook
50 ml kookwater
7 ml sout
2,5 kg meel, gesif

Vir die suurdeeg los jy die gis en suiker in die water op.
Sprinkel die meel oor, roer, bedek met 'n lap en laat staan op 'n warm plek vir 2 ure.

Intussen meng jy die melk en kookwater.
Smelt die botter in die melk en water.
Voeg die sout by en laat afkoel tot louwarm.
Plaas die meel in 'n mengbak en maak 'n holte in die middel.
Gooi nou die melk- en gismengsel in die holte.
Roer met 'n houtlepel tot dit 'n stywe deeg vorm.
Knie die deeg. Moet nie dat jou deeg koud raak nie.
Smeer gesmelte botter oor jou deeg. Bedek die deegbak met kleefplastiek en maak dit toe in 'n warm kombers. Laat dit staan op 'n warm plek vir 4 ure.

Wanneer jou deeg goed gerys het maak jy rolle met 'n deursnee van 4 cm elk. Sny 4 cm-grootte stukke hiervan af en pak dit regop en styf teen mekaar in beskuitpanne.
Smeer bietjie gesmelte botter oor die deeg.
Bedek die beskuitpanne met 'n lap en laat staan op 'n warm plek om te rys vir 3 ure. Die deeg moet verdubbel.

Bak nou 1 uur lank in 'n 180°C oond.

Wanneer die beskuit afgekoel het breek jy dit in stukke. Pak dit op 'n draadrak in 'n baie koel oond met die deur oop om uit te droog.


4 comments :

  1. Anonymous24/1/12 17:52

    dankie..... van London af....Ek mis die goed so baie!!!!!!!!

    ReplyDelete
  2. Anonymous11/7/12 09:39

    Hoor hier! Ek sit in NZ. Het die vandag gebak... Dit is rotse, nie beskuit nie. En waar is die suiker in die beskuit mengsel? Jinne, maar dit is nou vir jou totaal en al NIE wat ek gesoek het nie! BLEGH! Ek soek die soet, beskuit, wat dadelik sag word as jy dit in koffie in druk, en dit moet ook goed rys. Hierdie resep was van die begin af net 'n total FLOP. Daar was nie genoeg nattigheid om al die meel te meng nie. Dit wou nie rys nie. Just a mess!

    ReplyDelete
  3. Anonymous19/9/13 20:42

    Klink my iemand kannie bak nie

    ReplyDelete
  4. HI
    Die boerbeskuit, kom daar nie suiker by nie?
    terblaa@absamail.co.za

    ReplyDelete