Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/05/2008

Appelkoek / Apple Cake

3 appels, geskil en ontpit
1½ koppie meel
½ teelepel sout
½ teelepel neutmuskaat
½ koppie botter, sag
1 eier, geklits
½ koppie ontpitte rosyne
1 koppie suiker
1 teelepel koeksoda
1 teelepel fyn kaneel
½ teelepel gemengde kruie

Rasper die appels grof.
Strooi die suiker oor die appel en laat dit vir 10 minute staan.
Sif die droë bestanddele saam.
Meng die droë bestanddele en die appel.
Roer die botter en eier by.
Roer die rosyne by..
Skep die mengsel in 'n ronde, gesmeerde koekpan.
Bak by 180ºC tot gaar (50 minute).

Resep: Isabella Swart

No comments :

Post a Comment