1 kg bruismeel
125 ml suiker
500 ml semels
250 ml volkoringmeelblom
150 ml sesamsaad
150 ml sonneblomsaad
15 ml bakpoeier
5 ml sout
2 eiers, geklits
500 ml karringmelk
blikkie kondensmelk
450 ml botter gesmelt
Plaas droë bestanddele in ‘n mengbak en meng goed. Voorverhit oond tot 180ºC.
Maak ‘n holte in die middel en voeg die eiers, karringmelk, kondensmelk en botter by en meng goed.
Smeer 3 middelslag broodpanne met botter.
Verdeel die mengsel tussen die panne en maak gelyk bo-op.
Bak sowat 45 minute lank by 180ºC of tot goudbruin en deurgaar.
Laat vir 5 minute in panne afkoel, keer versigtig uit en laat heeltemal afkoel.
Sny die beskuit in vingers en pak effens uitmekaar op bakplate.
Laat oornag in ‘n koel oond, 70ºC, uitdroog. Laat die oonddeur effens oopstaan.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
12/05/2008
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment