Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/02/2008

Aspersietert / Asparagus tart

500 ml koekmeelblom
200 g margerien, gerasper
½ teelepel rooipeper
375 ml cheddar, gerasper

Sif die droë bestanddele saam en voeg margerien by. Maak aan met vingerpunte. Voeg kaas by en meng. Druk in ´n vuurvaste skottel.

Maak ´n witsous met 4 eetlepels koekmeelblom, 375ml melk, 4 eetlepels margerien en sout. Voeg die volgende by die witsous:

250 ml cheddar, gerasper
410 g aspersiestukke
2 eiergele, geklits
1 teelepel mosterd

Klits nou 2 eierwitte en voeg by die mengsel. Gooi die mengsel in die vuurvaste skottel en strooi gerasperde cheddar bo-oor. Bak in ´n voorverhitte oond by 190ºC vir 1 uur lank.

No comments :

Post a Comment