Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/02/2008

Snerre se snoek

Ok, die snoekpuriteine daar in die Wes-Kaap in, lees die volgende resep, julle het niks hier verloor nie.

Neem een snoek. Sny hom oop soos ´n Sewendedagse Adventis Pamflet. (Vir die dommes, langs die rugvin af tot amper op die pens, maak oop en sny weer van die pens af op die filet tot amper op die rug. As jy in jouself twyfel, gaan koop ´n skoongemaakte snoek, demmit!)

Smeer vleiskant met sout, peper en speserye na smaak.
Neem nou so uhm uhm koppie of wat KLAARGEKOOKTE spinasie. (kook spinasie met fyngesnyde spek, klein blokkies aartappel, peppadew en BAIE swartpeper) prop dit binne in die snoek se pens in. Vou toe. Plaas in baksakkie met witwyn en botter (soos daai hoender man!) en sit in die oond @ so 160 vir ´n uur en ´n half, of tot jy te honger is.

Dit klink gross, maar ek guarantee hierdie enetjie. Verras jou skoonma en / of jou boring vriende.

Sit voor met die standaard soetpatattas, en ´n slaatjie met kleur (groen en rooi stuff).

No comments :

Post a Comment