Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/07/2008

Maltabella beskuit / Maltabella Rusks

500 ml Maltabella meel
750 ml koekmeelblom
500 ml semels
500 ml suiker
2 ml sout
10 ml bakpoeier
10 ml kremetart
10 ml koeksoda
250 g margarien
750 ml karringmelk

Meng al die droë bestanddele goed saam in ‘n groot mengbak.
Smelt die margarien. Laat effens afkoel en voeg die karringmelk by. Voeg by die droë bestanddele en meng deeglik deur.
Smeer twee panne met margarien.
Skep die mengsel in die voorbereide panne en bak sowat 60 minute teen 180ºC lank of totdat die toetspen skoon uit die beskuit kom.
Keer uit, en laat heeltemal afkoel.
Sny in vingers en plaas op bakplate.
Droog uit by 100ºC met die oonddeur effens oop.

No comments :

Post a Comment