Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/07/2008

Botterkoek / Butter Cake

170 g botter
1 koppie strooisuiker
2 koppies meel
3 eiers, geklits
2 teelepels bakpoeier
125 ml melk
sout

Klits die botter en suiker saam tot dit romerig is.
Voeg die eiers en melk by.
Sif die droë bestanddele saam. Voeg dit by die mengsel.
Voeg 2 eetlepels kookwater by die mengsel.
Gooi die mengsel in 'n dieperige koekpan wat gesmeer is en bak teen 190ºC tot gaar, ongeveer 1 uur.

resep: Mart Brand

No comments :

Post a Comment