100 g botter
3 knoffelhuisies
2 eetlepels vars gekapte pietersilie
sout
peper
2 geklitste eiers
75 g droë broodkrummels
olie
Verwyder die sampioene se stamme, maar hou die koppe heel. Sny die stamme fyn op en meng saam met die botter, knoffel, sout en peper. Vul die sampioendoppe met die mengsel en sit twee twee aan mekaar vas met ´n stokkie.
Doop die sampioenpare in die eier en rol dan in die broodkrummels. Plaas in yskas vir 1 uur. Braai die sampioene in verhitte olie vir 5 minute.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net. Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a Comment