Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/11/2009

Drieboneslaai / Three Bean Salad

1 x basiese soetsuursous
2 blikke bone in tamatiesous
2 blikke botterbone gedreineer
2 blikke groenbone gedreineer
2 uie gekap
2 soetrissies in repe gesny
Paar sultanas opsioneel
Kook uie en soet rissie vir 5 minute in sous. Voeg res van groentes by en laat goed kook. Bottel warm.

Resep 2

Chantelle Geldenhuys

125 g bacon (stukkies)
125 ml sagte bruinsuiker
15 ml maizena
25 ml olie
150 ml asyn
1 blik (410 g) botterbone
groenbone
gebakte bone in tamatiesous (baked beans)
1 soetrissie (groenpeper)
1 groot ui
sout en peper na smaak

Plaas bacon in 2 L bak en bedek. Mikrogolf die bacon 4 min by 100 % en roer na 2 min. Skep die bacon uit en hou eenkant. Meng bruinsuiker, maizena, olie en asyn goed met die bacon vloeistof. Mikrogolf +/- 2 min oop by 100 % tot dik en roer elke minuut.
Dreineer botter en groenbone.
Voeg saam baked beans by sous. Halveer en ontpit groenpeper. Kap en voeg by. Kap ui fyn en voeg saam met bacon by. Meng alles goed deur.

resep: resep: Petro van der Westhuizen

No comments :

Post a Comment