Kors : 1 pakkie Marie Beskuitjies ( Gooi in plastiek sak en rol dit fyn)
Meng krummels met 125 gram gesmelte margarien en druk dit eweredig vas in ´n 2 liter Pyrex bak.
Vulsel:
1. 125 ml room
2. 1 pakkie Orley Whip met 2 sakkies kunsroom in.
Klits 1 en 2 saam totdat punte begin vorm.
Vou 2 blikkies kondensmelk se inhoud daarin, moenie klits nie.
Gooi nou 125 ml suurlemoensap by en roer liggies totdat alles mooi gemeng is.(Ongeveer 3 suurlemoene)
Plaas in yskas vir ongeveer 12 ure.
Geniet.
Resep: Christo
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment