Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/01/2009

Voetspore 4X4 Kookboek


Voetspore is 'n dokumentêr-avontuur op kykNet, die Afrikaanse kanaal van DSTV.

Johan Badenhorst en sy makkers is reeds besig om gereed te maak vir hul vierde reeks sedert kykNet in 2000 vir hom gevra het om die eerste epiese tog aan te pak. Gedurende die avontuur het die ontdekkers van Kaap Kruis aan die Atlantiese Oseaan tot by Mabibi aan die Indiese Oseaan gereis. Langs die pad is bekende plekke aangedoen en nuwes ontdek. Maar so 'n reis kos fyn beplanning - veral wat die spys en drank aanbetref.

Die reekse is omtrent die buitelewe op sy lekkerste, en wie kan nou gaan olifante kyk of 'n voertuig uit die modder sleep op 'n leë maag? Johan het uit ondervinding die resepte en beplanningslyste saamgestel, en alle resepte sluit die voorbereidings- en gaarmaaktyd aan - sodat jy self kan besluit hoeveel tyd jy het voor die son sak.

Die resepte is eenvoudig maar lékker, alles saamgestel uit die beplande inkopies, behalwe waar daar kraakvars eiers langs die pad gekoop word, of 'n hele skottel wat oorloop van vet garnale, 'n halfuur gelede uit die see gehaal. Hoogtepunte sluit Belgiese bredie (met bier in), Lamskerrie, Herderspastei, Perskes in witwyn en Uie-en-kaasbrood in. Die boek is 'n gebruiksartikel en dien as 'n gids tot die volmaakte beplanning vir jou ontdekkingstogte. Die Voetspore 4x4 Kookboek pas gemaklik in jou voertuig se paneelkissie - en is net so belangrik soos jou domkrag, spaarwiel en sleeptou.

No comments :

Post a Comment