Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/16/2009

Bubble and Squeak

’n Ou Engelse gereg, so genoem vanweë die klanke wat die groente, veral die kool, maak tydens die gaarmaak-proses. Oorspronklik bestaan uit oorbly-bief en kool, of kapok-aartappels en kool. Die hedendaagse Bubble and Squeak is ´n mengsel van oorbly-aartappels en kool. Party mense (veral die Skotte) gebruik oorbly wortels ook.
BESTANDDELE: 25g Botter 1 Ui, fyn opgekap 450g Aartappels, gekook en fyngemaak 225g Kool, opgekap en gekook 4-8 snye Bief, gekook en opgesny (opsioneel) METODE: Smelt die botter in ´n groot braaipan, voeg uie by en roerbraai tot sag (roer voortdurend). Voeg aartappels en kool by en roerbraai. (Indien Bief ook gebruik gaan word moet dié ook bygevoeg word). Braai oor medium hitte vir ongeveer 15minute tot bruin en geniet ´n egte tradisionele Britse gereg.

bydrae: Haydee Morgan-Hollander

No comments :

Post a Comment