Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/16/2009

Bangers and Mash

Bangers & Mash om saam te val met die 'British Sausage Appreciation Week' (29 Okt-5 Nov), Halloween (31 Okt) en die aanloop na Guy Fawkes-aand (5 Nov). Bangers & Mash is een van Brittanje se top 10 gunsteling 'troos-geregte' (comfort food), maar net so gewild onder Suid-Afrikaners hoewel boerewors en plaaslike varkwors ewe goed vaar.

Wors was nog altyd koste-effektief, veelsydig en bekend om sy voedingswaarde en het die bynaam bangers gedurende die Tweede Wêreldoorlog gekry omdat wors in die oorlogsjare soveel water bevat en plofgeluide in die braaipan gehoor kon word. Suid-Afrikaners geniet wors (buiten natuurlik as deel van die groot vleisbraai) tradisioneel vir ontbyt.

In Brittanje is Bangers & Mash onder al wat kroeg en restaurant spyskaart se hoofgeregte gelys. Variante is Bangers & Mash (2 gebraaide Britse varkworsies, romerige kapokaartappels, rooi uie-vleissous en ertjies), Bangers, Beans & Chips (dieselfde varkworsies bedien met gebraaide uie, baked beans en skyfies) of Britannia Bangers (varkwors in ´n franse rolletjie met gebraaide uie en skyfies). Broccoli, wortels of verpulpte ertjies pleks van heel erte rond die vullende maal af.

bydrae: Haydee Morgan-Hollander

No comments :

Post a Comment