Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/27/2009

Soetbeskuit

20ml gis
1 liter lou water
250ml lou KOOKmelk
500ml suiker
25ml suurlemoensap
2,5kg koek- of witbroodmeel
250g botter of margarien
2 eiers geklits

Maak insuursel van gis, vloeistof, 20ml suiker en 500g meelblom. Laat ongeveer 1 uur lank rys, tot insuursel skuimerig is. Vryf die botter in res van bestanddele in. Maak holte en voeg die goedgegiste insuursel, suurlemoensap en eiers by. Maak aan tot taamlike stywe deeg. Knie DEEGLIK. Maak warm toe en laat 6 tot 8 uur(of oornag) rys. Knie weer liggies af en laan weer vir 1½ uur lan rys. Druk deeg liggies af en maak bolletjies. smeer botter tussen balletjies. Laat op warm plek om weer te rys - dubble die grootte. Bak 20 minute lank in warm oond -220°C verminder hitte na 190°C en bak vir ongeveer 30 minute. Sodra beskuit uit oond gehaal word, bestryk met suikerwater. Laat afkoel en breek in oop en droog in oond op lae hitte.

No comments :

Post a Comment