Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/27/2009

Mieliepap

4 koppies mieliemeel
1 pakkie chakalaka papmengsel
1 bossie spinasie, gewas en versnipper
1 ui in blokkies gesny
2 wortels in blokkies gesny
1 rooi soerissie in blokkies gesny
Opsioneel :- rissie, sampioene of waarvan jy ookal hou.

Vul kastrol met 2 liter water en voeg by papmengsel en 30 ml botter. Bring tot by kookpunt. Voeg meel by 1 liter koue water. Voeg mieliemeel-mengsel by kookwater-papmengsel. Sit plaat op lae hitte. Terwyl dit kook die res van die botter in pan en verbruin uie. Voeg wortels, soetrissie en spinasie by en braai tot spinasie verwelk. Voeg by pap en op LAE hitte en kook dit vir nog 15 minute of tot die groente sag is. Roer af en toe.

bydrae: Petro van der Westhuizen

Resep 2

1 koppie mieliemeel
1 koppies kookwater
3 desertlepels margarien
4 desertlepels geelsuiker
½ koppie koue water

Meng mieliemeel met koue water. Voeg kookwater by. Kook oop by 70% krag in mikrogolfoond vir 5 minute. Roer elke minuut. Gooi dan geelsuiker en klontjies margarien oor. Moet nie roer nie. Bedek bak en plaas in mikrogolfoond vir 10 minute op 50% krag.


No comments :

Post a Comment