1 dun gesnyde ui
6 stukke opgesnyde spek
450g opgesnyde geskilde tamaties
1 opgesnyde chili
1¼ eetlepel olie
340g spaghetti
parmesaan
Verhit die olie en voeg die ui en spek by. Braai vir 5 minute. Gooi die ekstra olie af en voeg die tamaties en chili by. Meng goed. Kook die sous stadig vir 5 minute, sonder ´n deksel.
Kook intussen die spaghetti in soutwater vir 12 minute. Dreineer die water. Voeg daarna die sous bo-oor en besprinkel met vars Parmesan.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment