Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/16/2009

Skaappotjie / Beespotjie / Lamb Stew / Beef Stew

2 Kilogram sagte vleis in blokkies gesny. Die vleis is jou keuse. Wat baie lekker is, is heel skaapskenkels. Moet net nie goedkoop snitte vat nie, want dan gaan jy baie teleurgesteld wees.

Groente in blokkies gesny (net wat jy van hou)
10 babaaartappeltjies.
2 blokkies vleisaftreksel
2 teelepels pietersielie-droog
1 teelepel mostertpoeier
2 teelepels Aromat
1 teelepel Oregano
2 eetlepels worcestersous
2 eetlepels tamatiesous
1 knoffeltoontjie geskil
Olie
Meel
250g Sampioene

Maak potjie warm en smeer met olie en knoffeltoontjie. Rol vleis in meel en braai vleis in olie tot bruin gooi vleisekstrak wat opgelos is in 1 liter water by. Kook stadig tot sag. Pak dan jou groente bo-op MAAR moenie roer nie. Eerste die aartapels en wortels dan die groentes wat gouer gaar word. Laaste die sampioene. Kook tot amper gaar. Meng al die ander bestandele in bietjie water en gooi oor. Moenie roer nie. Sit deksel op en kook vir nog 15 minute.

Bedien saam met rys of stampmielies en ´n groen slaai. Die sous kan verdik word indien nodig - met mielieblom.

Die resep is vir ´n No: 3 potjie.

resep: Petro van der Westhuizen

No comments :

Post a Comment