Verhit een blikkie boontjies oor matige hitte en gooi 200 g gehalveerde kersietamaties by. Geur met varsgemaalde swartpeper en voeg geskeurde basiliekruidblare by sodra dit warm is.
Bedien op geroosterde brood en versier met basiliekruidblare.
Resep 2

10 ml olie
1 ui, grofgekap
5 ml kerriepoeier
5 ml druiweasyn
5 ml suiker
1 tamatie, skil verwyder en fyn opgesny
1 piesang, in skyfies gesny
2 ml sout
peper na smaak
250 ml Cheddar, gerasper
6 snye roosterbrood
Verhit die olie en soteer uie tot deurskynend. Voeg die geurmiddels by en braai vir 1 minuut. Voeg die tamatie en bone by. Prut tot die tamatie gaar is. Voeg die piesang, sout en peper by en maak deurwarm. Skep die bone op ´n gesmeerde bakplaat, sprinkel die kaas oor en rooster tot die kaas gesmelt is.
No comments :
Post a Comment