Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/28/2009

Mentsous / Mint Sauce

Dolla is op soek na ´n sous vir ´n skaapspit. So maak mens:

Met die sous kan jou skaap staan of lê.

250ml mentblare, fyngekap
30ml strooisuiker
60ml kookwater
100ml witasyn
knypie sout

Meng mentblare met strooisuiker en gooi kookwater bo-oor. Laat staan vir 5 minute en gooi asyn en sout oor. Die sous MOET ten minste 10 minute staan. Gooi deur vergiettes indien jy wil. Maak weer warm en bedien.

resep: Petro van der Westhuizen

No comments :

Post a Comment