Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/24/2009

Heerlike rissies / Delicious Peppers

Kry ´n lekker klomp Chillies.

Maak nou ´n sous/stroop aan soos volg:

Hardloop eers supermark toe en koop ´n boksie Pickle Spice. (Kos so twee of drie rand).
Een bottel Asyn.
Een koppie Suiker. (Jy kan meer insit as jy wil)

Kook Suiker asyn en spice saam. Teen die tyd sal die suiker opgelos wees.

Plaas chillies in ´n lekker groot bottel of bottels. Gooi asyn mengsel oor en verseel. Los so twee maande.

Wat ek ook gedoen het om kleur te kry is om gekleurde peppers te koop, grof op te sny en dan ook in die bottel te gooi.

Onthou net om die bottel met die asyn-mengsel op te top so elke drie weke.

Dit is heerlik!

bydrae: Frik Lombard

No comments :

Post a Comment