Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/25/2009

Perskeblatjang / Peach Chutney

500 g geelperskes
2 uie, gekap
10 ml sout
3 ml koljanderkorrels
2 ml piment-of -wonderpeperkorrels
2 ml peperkorrels
5 ml matige kerriepoeier
1 ml sout
250 ml wit asyn
12.5 ml mielieblom
25 ml koue water
100 ml kookwater
100 ml suiker

Spoel perskes af om hare te verwyder. Halveer en snipper in dun skyfies. Bedek perskesnippers en gekapte uie met water waarby 10 ml sout gevoeg is. Laat staan vir 'n uur. Kook vir 20 - 30 minute in ‘n kastrol, nadat 100 ml kookwater bygevoeg is. Kook intussen speserye, sout en asyn vir 3 minute in ‘n ander kleiner kastrol. Voeg asynmengsel by gaar perskemengsel. Meng mielieblom en koue water tot glad. Roer kookwater en suiker by mielieblommengsel. Kook vir ongeveer 5 minute of totdat sous verdik. Skep blatjang in warm, skoon, glasbottels en verseël. Bêre op ‘n koel donker plek.

No comments :

Post a Comment