Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/17/2009

Tjopkasserol met macaroni / Chop Casserole with Macaroni

6 skaapboudtjops
sout en peper na smaak
bietjie koekmeelblom
250 ml water
75 ml tamatiesous
25 ml Worcestersous
25 ml asyn
5 ml suiker
250 ml gesnyde macaroni
1 ui, gemaal
bietjie gerasperde Cheddar kaas

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ´n groot oondkasserol met ´n deksel, of bespuit dit met kleefwerende middel. Geur die tjops met sout en peper en rol hulle in koekmeelblom totdat hulle heeltemal daarmee bedek is. Plaas hulle langs mekaar in die kasserol. Meng die water, tamatiesous, Worcestersous en asyn saam. Gooi dit oor die tjops. Strooi die suiker bo-oor. Sit die deksel op en bak die tjops 60 tot 90 minute. Kook die macaroni en ui saam in soutwater totdat die macaroni sag is. Dreineer en hou warm. Skep die macaroni op die gaar tjops en strooi kaas oor. Plaas die kasserol terug in die oond en bak dit sonder ´n deksel totdat die macaroni begin verbruin.

resep: Chantelle Geldenhuys

No comments :

Post a Comment