
Gesonde Gesinskos bewys dat beter eetgewoontes nie bleek en vervelige kos hoef te beteken nie.
In hierdie unieke kookgids is die beplanning reeds vir jou gedoen – kies net ’n maandspyskaart, doen jou aankope aan die hand van die volledige inkopielys, en volg die beproefde resepte agter in die boek.
Sjerriepatats, mieliepaptert, sampioenbrossies, hoenderbobotie, sappige maalvleiskerrie, vark-en-boontjie-stowegereg, donsige lamspastei, biefstuk in marinade, gebakte pynappel-en-heuning-poeding ... hierdie is maar ‘n paar van Christelle Erasmus se watertandgeregte vir die hele familie, smullekker maar sonder ryk en ongesonde bestanddele.
Proe gerus self hoe lekker gesond eet kan wees.
No comments :
Post a Comment