Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/19/2009

Makataan / Makataankonfyt / Maketaankonfyt

Skil die maketaan en sny in blokkies van omtrent 1cm x 1cm. Die volgende hoeveelhede is per 1kg maketaanblokkies:

750 g suiker
2 eetlepels suurlemoensap
2 eetleples fyngesnyde gemmer (so groot soos vuurhoutjies)
Laat staan die mengsel tot al die suiker opgelos het (verkieslik oornag). Kook vir 1 - 1.5 ure, tot die vrugte amper deurskynend is. Bottel en seel die konfyt terwyl dit nog warm is.

bydrae: Pieter Scheepers

Resep 2

Skil en sny die waatlemoen in mooi stukke. Pruk met vurk. Laat oornag in kalkwater lê (kry by apteek). Gebruik twee eetlepels kalk op 1 emmer water (neem aan dit is 5 liter). Spoel dit af en kook dit in kookwater en as dit breek is dit nie goed nie. Kook die stroop vir 1 pond vrugte en een pint water vir elke pond suiker. Voeg skille by en laat deur konfyt. Voeg weinig sitroensuum en gemmer by. (1 pond is 500gram.)

bydrae: Petro van der Westhuizen

Sleutelwoorde: , ,

3 comments :

  1. Ek het vantevore makataankonfyt gekook, maar hierdie keer is dit so bitter dat geen mens dit kan eet nie! Kry mens dalk giftige makatane?

    ReplyDelete
  2. In die veld kry 'n mens iets wat baie soos 'n makataan lyk maar bitter is wanneer konfyt daarvan gekook word. Ek ken dit by die naam karkoer. Waar die makataan se pitte 'n rooibruin kleur het, is die karkoer se pitte swart. My pa het altyd gesê dat die karkoer giftig is maar ek kan dit nie as waartheid voorhou nie.
    Groete,
    Willem van Vuuren

    ReplyDelete
  3. Anonymous5/3/10 10:00

    Interessante kommentaar. Ek het vir Kookkuns iets gestuur oor karkoer; vir hulle Kookterme.

    ReplyDelete