Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/16/2009

Mikrogolf waatlemoenkonfyt / Microwave Watermelon Jam

1,5 kg waatlemoenstukke
9 koppies water
9 koppies suiker
1 teelepel sout
1 suurlemoen in drie skywe gesny
25ml gebluste kalk
16 koppies water

Verwyder groen skil en sagte binnekant en gebruik die ferm deel net onder skil vir konfyt. Sny in blokkies.
Prik waatlemoenstukke met vurk aaan weeskante en spoel goed af. Los kalk in water op en laat waatlemoenstukke oornag daarin week. Was stukke goed en laat nog vir ± 2ure in varswater lê. Spoel en dreineer verhit water, suiker en sout oor lae hitte tot suiker gesmelt is. Verdeel suiker in drie gelyke dele in plastiek bakkies1,5 liter. Voeg suurlemoen skyfies en 2,5ml gemmer in elke bak. Mikrogolf 3 bakkies vir 80 minute tot suiker met helfte verminder het. Giet stroop in in groot plastiek skottel en mikrogolf vir 10 minute op hoog tot begin kook. Plaas gedreineerde waatlemoenstukke in stroop. Bedek skottel met kleefplastiek en mikrogolf vir 20 minute. Skep warm konfyt in warm bottels. Verseël.

bydrae: Petro van der Westhuizen

No comments :

Post a Comment