Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/04/2009

Appelkoos varknek / Apricot Pork Neck

1 heel varknek, van ongeveer 750 g
botter en olie
varsgemaalde swartpeper, paprika en sout
1 klein ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyngemaak
375 ml hoenderaftreksel
410 g appelkooshelftes, gedreineer, behou die sap
3 heel naeltjies
30 ml korrel- of Dijonmosterd
1 kaneelstokkie
125 ml room

Geur varknek met peper en paprika. Verhit botter en olie en braai vleis weerskante goudbruin. Verwyder vleis en geur met sout. Laat vleis eenkant. Gooi uie en knoffel in die kastrol en verbruin liggies. Gebruik 125 ml van appelkoossap en voeg dit by aftreksel, mosterd, naeltjies en kaneel. Sit die vleis terug in die kastrol, voeg die sous by, bedek en prut tot vleis sag is. Dit sal ongeveer 'n uur wees, na gelang van die dikte van die vleis. Verwyder vleis uit die kastrol en hou warm. Voeg room by en kook vinnig en onbedek tot sous verdik. Voeg appelkoosheltes by en maak deurwarm. Sny vleis in dik skywe en rangskik op dienbord. Giet warm sous oor en garneer met ekstra appelkooshelftes en vars kruie.

Bedien 4 - 6

No comments :

Post a Comment