3 kg koedoevleis, in blokkiesgesny
200 g varkspek, in blokkies gesny
250 g spekvleis, gesnipper
10 ml sout
swartpeper na smaak
5 ml fyn koljander / koljanderblare ± handvol
6 heel naeltjies, in klein ui gesteek
4 gekneusde knoffeltoontjies
2 groot uie gekap
15 ml olie
25 ml maroelajellie
400 g skilferdeeg- rol uit
Geur vleis met geurmiddels. Braai uie tot deurskynend. Voeg vleis by en kook vir vier uur. Onthou om vleisaftreksel by te voeg. Geur met maroelajellie. Plaas in vleisskottel. Sit bo-op vleis en bak by 220°C vir 10 minute.(Onthou om deeg te verf met geklitste eier.)
bydrae: Petro van der Westhuizen
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment