Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/10/2009

Beesstertpotjie

2 beessterte opgesny
4 wortels in dik skywe gesny
3 medium gekapte uie
1 blikkie botterboontjies
sout
1 pakkie beesstertpoeier
250 ml beesboeljon
4 aartappels in dik skywe gesny
250 ml groen-ertjies
250 g sampioene
6 murgpampoentjies in skyfies
2 uie in skywe gesny

Verbruin die beesstert in ´n warm pot met olie en gekapte uie. Voeg sout by. Voeg soppoeier en boeljon by. Voeg water by en laat prut vir 2½ uur. Skep vet af. Voeg laag aartappels en wortels by. Dan laag botterboontjies met sous. Voeg laag ertjies rou sampioene, mutgpampoentjies en laag uieringe. Maak pot toe en prut vir ± ½uur. Maak kluitjies en pak bo-op. Sit deksel terug en prut vir 15 minute sonder om deksel te lig.

Bedien 10 persone.

bydrae: Petro van der Westhuizen

No comments :

Post a Comment