Loading

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.


Bees | Braai | Brood | Bier | Drankies | Eend | Eier | Fisant | Gans | Groente | Haas | Hoender | Inlê | Kaas | Kalf | Kalkoen | Koek | Koekies | Konyn | Krokodil | Lam | Nagereg | Pasta | Patrys | Rys | Seekos | Skaap | Slaai | Sop | Souse | Tarentaal | Vark | Vegetaries | Vis | Vleis | Vrug | Volstruis | Wild

Ontbyt | Peuselhappie | Voorgereg / Entrée | Hoofgereg | Bykos | Slaai | Nagereg | Drankies | Wyn

Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

Suid-Afrikaans | Amerikaans | Argentyns | Brasiliaans | Chinees | Duits | Egipties | Engels | Frans | Grieks | Hongaars | Indies | Israelies | Italiaans | Japanees | Joods | Kameroens | Kanadees | Karibies | Kongolees | Koreaans | Kreools | Kubaans | Libanees | Libies | Maleisies | Maltese | Marokkaans | Mexikaans | Mosambieks | Nederlands | Nigeries | Noorweegs | Oostenryks | Persies | Peruaans | Pools | Portugees | Russies | Skots | Spaans | Sweeds | Switsers | Thai | Turks | Viëtnamees | Vlaams | Wallies
| Wes-Indies


 

Teken in op ons maandelikse nuusbrief:

5/11/2009

Miemie se Koffietert

Koeklaag:
4ekstra groot eiers
250 ml suiker
50ml melk
50ml water
5ml vanieljegeursel
375ml koekmeelblom
5ml koffiepoeier
knippie sout
25ml botter gesmelt
10ml bakpoeier

Stroop:
150ml suiker
375ml water
25ml koffiepoeier
5ml vanieljegeursel
50ml brandewyn

Karamellaag:
1 blik karamelkondensmelk

Bolaag:
1pk botterkaramel kitspoeding ( Butterscotch moirs)
250ml koue melk
500ml room, goed verkoel

Afronding:
Sprinkel neute

Koeklaag: Klits eiers en suiker saam tot lig en donsig. Klop melk,water en vanielje by. Sif meel, koffie en sout saam en vou in. Klop sagte botter vinnig in. Skep deeg in groot gesmeerde bak en bak + 30 minute by 180 C

Stroop: Berei stroop so 10 minute voordat tert uit oond kom. Voeg suiker en water in kastrol en roer oor lae hitte totdat suiker opgelos is. Voeg koffie by roer tot opgelos, verhoog hitte en kook 5 minute. Verwyder tert uit oond en prik met vurk. Voeg vanielje en brandewyn by kokende stroop Gooi stroop oor tert en laat afkoel

Karamellaag : Verhit karamelkondensmelk 2 minute in bedekte bak in mikrogolfoond by 100% Smeer warm karamel oor tert en laat afkoel.

Bolaag: Klits poeding en melk saam en laat stol. Klits room totdat sagte punte vorm. Vou die poeding in en smeer oor tert. Rond af met fyn neute.

bydrae: Helene van der Merwe

Stuur jou resepte na bydraes@kookkuns.com . Foto's van die resepte is ook welkom.

No comments :

Post a Comment