Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/12/2009

Beesvleis braaistuk / Beef Roast

30 ml olie
1,5 kg beesbraaistuk bv binneboud
2 uie, gekerf
4 koppies biefaftreksel
10 ml worcestersous
5 ml suiker
2 - 3 ml swartpeper
15 ml margarien
2 wortels, geskraap en in skywe gesny
65 ml meelblom
45 ml tamatiepuree
3 ml gemengde kruie
2 – 3 ml sout

Verhit die olie en margarien en braai die beesvleis tot bruin. Verwyder uit die pan. Plaas die wortels en die uie in die pan. Verbruin en verwyder. Voeg meelblom by en braai tot bruin. Voeg bietjie meer olie by, as dit nodig is. Voeg aftreksel by en laat kook. Roer puree, worcestersous, gemengde kruie, suiker, sout en peper in. Sit vleis terug in pan. Verminder die hitte, sit deksel op en laat prut vir 1½ uur. Voeg weer die groente by en laat weer prut vir ongeveer 30 minute.

bydrae: Karen

No comments :

Post a Comment