Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/01/2009

Crêpe Suzettes

125 g meelblom
50 g versiersuiker
knypie sout
1 eier
2 eiergele
125 ml melk
75 ml room
2 ml vanielje geursel
30 g botter of margarien gesmelt
25 g botter
50 g suiker
gerasperde skil en sap van 1 lemoen
sap van 1 suurlemoen
50 ml lemoenlikeur, soet wyn of sjerrie
100 ml brandewyn verhit

Sif meel, versiersuiker en sout saam. Voeg eier, eiergele, melk, room en geursel by en klop tot glad. Voeg botter by en klop tot gemeng. Laat deeg 30minute staan. Bak 6 -8 dun pannekoekies. Stapel opmekaar en hou warm. Smel botter in kastrol voeg suiker by en roer tot karamelliseer. Voeg skil, suurlemoensap en lemoensap en ook likeur by. Kook sowat 5 minute sonder deksel totdat mengsel stroperig is. Gooi deur fyn sif oor pannekoeke en lig op sodat stroop tussen in loop. Hou warm. Vou elke pannekoek in vier net voor opdiening, met die kant wat eerste gebak is na buite. Gooi brandewyn oor en steek aan die brand.





(foto Charles Nouÿrit)

No comments :

Post a Comment