Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/06/2009

Die moets en moenies van ´n pot

Hoe om pot te behandel:

Maak goed skoon na gebruik.
Smeer binnekant met vet.
Indien daar roes binne is skuur met growwe sout.

Wenke:

Moet nooit te veel water in pot gooi nie. Gebruik liewers wyn of bier in plek van water indien jy vloeistof moet bygooi. Die potjie moet met jou gesels, want ´n stil pot kan of aanbrand of glad nie kook nie.
Hou altyd die deksel op.
Hou styselrige kosse weg van die boom of kante, want dit brand maklik aan.
´n Platboom pot moet altyd op stene gesit word.
Braai uie eers en haal dan uit. Dit word weer bygegooi net voor opdiening.
Moenie kos in pot kook nie dit moet stadig prut.
Roer net deur voor opdiening nie voor dit nie.
Die beste houtsoorte is: rooikrans, swartwattel en wingerdstompies.
Sny aartappels altyg groot stukke of gebruik klein aartappeltjies.

Pak ´n pot in die volgende volgorde: vleis, groentes, uie en dan stysels.

Vir nuwe potjie:

Voeg groente skille, stingels en blare in ´n pot vol water en kook ´n uur lank . Gooi uit en spoel deeglik skoon. Skuur met hout-as en spoel weer skoon. Maak pot baie warm en giet bottel asyn daarin en kook ´n ruk. Spoel goed skoon.

bydrae: Petro van der Westhuizen

No comments :

Post a Comment