Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/21/2009

Spinasiesop / Spinach Soup

250 g spinasie
1 groot uie
sout en peper
500 ml hoenderaftreksel of 2 ekstrak blokkies, opgelos in 500 ml kookwater
2 e botter
2 e meelblom
3 medium geskilde aartappels, in blokkies gesny
500 ml melk
125 ml dun room

Strooi meelblom oor gesnyde ui en braai in gesmelte botter tot sag, nie, bruin. Voeg aartappels, sout en peper by. Voeg hoenderaftreksel en melk by. Laaste die spinasie. Kook vir ½ uur, tot groente sag is. Versap of druk deur sif. Gooi klein bierjie room in elke individuele bakkie warm sop net voor bediening.

bydrae: Helene van der Merwe

No comments :

Post a Comment