Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/22/2009

Koperpenniewortelslaai

1 x basiese tamatiesous
750 g wortels geskil en in ringe gesny
1 groen rissie ontpit en in blokkies gesny
1 groot ui in ringe gesny

Kook wortels in sout water tot gaar maar nie pap nie. Dreineer. Voeg res van groente en kokende sous by en laat goed kook. Skep in gesteriliseerde warm bottels en verseël dadelik.

bydrae: Petro van der Westhuizen

Resep 2

1 kg wortels in ringe gesny
2 uie in ringe gesny
1 groenrissie ontpit en gekap.

Kook wortels tot halfgaar-nie pap nie- Pak in gesteriliseerde bottels in lae en end met wortels.

Sous
1 pakkie tamatiesop
1 koppie water
200 ml asyn
10 ml worcestersous
½ koppie kookolie
1 koppie suiker
7 ml mostertpoeier

Sout en peper na smaak.
Kook al die bestanddele saam vir 3 minute en gooi kokende sous oor wortelmengsel. Maak toe en plaas in yskas wanner afgekoel vir tenminste 2 dae. Dit kan tot 2 maande hou in yskas.


bydrae: Petro van der Westhuizen

No comments :

Post a Comment