2 sout beestonge
wortelskyfies
1 lourierblaar
1 groot ui in skywe gesny
Sous:
1 groot blik ingelegde appelkose
190 ml bruinsuiker
5 ml droë mosterd
125 ml wit druiwe asyn
3 ml sout
1 blokkie beesboeljon
85 ml sultanas
Aromat
15 ml meel en water om pasta te vorm.
Laat prut tong vir 1uur lank. Voeg ui lourier blaar en wortels by en prut vir nog 1 uur. Doop tonge in koue water en trek vel af. Sit eenkant. Sit appelkose met stroop in pot. Voeg suiker, mosterd, sultanas asyn en sout by. Verhit en roer aanhoudend.. As dit te soet is voeg 1 boeljonblokkie by. Voeg meel wat tot pasta gemaak is, by en roer sodat die sous nie vasbrand nie. Sny tong in skywe en voeg by sous. Verhit dwarsdeur voor opdiening.
Bedien 10 tot 12 persone.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment