Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/28/2009

Beetblaarbredie

1,5 – 2 kg beesskenkel
sout en peper
10 ml fyn koljander
olie
3 uie, in ringe gesny
3 knoffelhuisies, fyngedruk
1 groen of rooi soetrissie, in ringe gesny
250 ml warm water
6 aartappels, in dik skywe gesny
5 wortels, skoon gesny
1 bossie beet se blare in stukke gesny

Sny die vliese van die vleis plek-plek in sodat die vleis nie omkrul tydens die gaarmaakproses nie. Geur die vleis na smaak met sout, peper en koljander. Giet ‘n bietjie olie in ‘n diep kastrol of drukkoker en braai die vleis bietjie vir bietjie tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant. Soteer die uie, knoffel en soetrissie in die olie tot sag. Voeg die vleis, asook die warm water by. Bedek, verlaag hitte en prut vir nog sowat 25 minute of totdat die vleis so te sê sag is. Voeg die groente by en prut totdat die groente sag is. Voeg nog water by indien nodig. Geur met sout en peper.

No comments :

Post a Comment