Gaar Hoender - ontbeen en velle af. Sny in klein stukke.
2 eetlepels botter
250 g sampioene
2 koppies room
1 teelepel suurlemoensap
1 groot eetlepel tamatiepasta
1 groot eetlepel meelblom
½ teelepel sout
1 klein ui gerasper
½ teelepel rooipeper - of peri peri
Braai sampioene en ui in botter tot uie deurskynend is. Meng meel met room tot glad en voeg by uiemengsel en voeg sout by. Kook op stadige hitte en roer. Voeg res van bestanddele by en kook. Voeg hoender by. Kook vir ± 20 minute tot 30 minute.
bydrae: Petro van der Westhuizen
Resep 2
1 heel hoender
2 uie, gekap
1 groenpeper, gekap
25 ml margarien
100 ml chicken stock
1 pakkie sampioenroomsoppoeier
1 pakkie hoenderroomsoppoeier
700 ml melk
12,5 ml chutney
10 ml brandewyn of sjerrie (ek sit meer by)
Kook hoender tot gaar. Hou 100 ml chicken stock eenkant. Verwyder vel en bene en sny in blokkies.
Gebruik ´n groterige kastrol en braai die uie en groenpeper in die margarien tot sag.
Meng chicken stock met sop, melk en chutney en voeg by die uiemengsel.
Prut ongeveer 10 min tot die mengsel dik en gaar is.
Voeg hoender by en prut ´n paar minute.
Roer die brandewyn / sjerrie by en sit warm voor op rys.
bydrae: Chantelle Geldenhuys
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
wat 'n resep.... ek persoonlik dink dit is die beste chicken ala king resep ooit. heerlik, al wat ek anders met die resep gemaak het is twee proppies brandewyn en twee teelepels fyn vars knoffel. alhoewel ek dink my veranderinge is heerlik, bly die oorspronklike resep een van die beste wat ek nog geproe het. dankie Arno
ReplyDelete