Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/15/2009

Skaapboud / Lamb Shank

500 ml water
1 vleisekstrakblokkie
5 ml uievlokkies of 1 ui gekap
10 ml sout
7,5 ml mosterdpoeier
10 ml suiker
5 ml swartpeper
7,5 ml fyn gemmer
2 knoffelhuisies
2 kg skaapboud
25 ml meelblom
25 ml olie
50 ml tamatiesous
25 ml worcestersous
25 ml blatjang
37,5 ml botter of margarien, gesmelt
10 ml suiker
5 ml asyn
1 ml tabascosous
10 ml mielieblom

Berei die aftreksel die dag vantevore deur die water, vleisaftrekselblokkie en ui 10 minute lank saam te kook en dit dan deur ‘n sif te gooi. Ook ‘n dag vantevore: Meng die sout, mosterdpoeier, suiker, swartpeper en gemmer en vryf dit oor die oppervlakte van die vleis. Laat staan oornag. Stel die oond op 200ºC. Skil en sny die knoffel in repies. Druk die knoffel op verskeie plekke naby die been in die vleis in. Strooi die meelblom oor die vleis. Verhit die olie in die oondpan en plaas die vleis op ‘n vleisrak in die oondpan. Bak die vleis ‘n uur lank in die vooraf verhitte oond. Bedruip elke tien minute met die olie in die pan. Die hitte kan na 30 minute verlaag word. Berei die sous deur die aftreksel wat die vorige dag berei is, met die tamatiesous, worcestersous, blatjang, gesmelte botter, suiker, asyn en tabascosous te meng. Verdik die sous met die mielieblom wat met ‘n bietjie water aangemaak is en gooi dit oor die vleis.

Resep 2

2½ - 3kg ontbeende skaapboud
sout en peper na smaak
braaivleis spesery (opsioneel)
fyn appelkooskonfyt (verdun met asyn)
½ tot 1 koppie room

Voorverhit die oond tot 180ºC. Vryf sout, peper en speserye oor boud binne en buite. Smeer konfyt oor boud binne en buite. Bind vas met tou. Plaas op foelie (foelie blink kant na binne), gooi room oor en maak toe sodat room nie uitloop nie. Sit in oondpan en bak vir ongeveer 2 ure toets en sit voor.

No comments :

Post a Comment