Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/21/2009

Drie bone kerrie

100 g margarien
2 uie, fyn gesny
3 knoffelhuisies, fyn gesny
1 eetlepel gemaalde koljander
1 teelepel masala
1 teelepel rissiepoeier
1 teelepel suiker
sout
peper
1 blik tamaties, opgesny
1 blik botterbone
1 blik niertjiebone
1 blik cannellini bone

Smelt die margarien en braai die uie daarin vir 10 minute.

Voeg die knoffel en kruie by en braai vir ´n paar sekondes. Roer dan die tamaties, sout, peper en suiker by. Verminder die hitte en laat kook vir 10 minute.

Voeg die bone by en kook tot die dis goed warm is.

No comments :

Post a Comment